THOMAS - Elisabeth Eybers
Een van die twaalf, die twyfelaar Didimus,
van niks as nog 'n ontgogeling bewus,
het hom oor vijf verwondinge gebuig
en met 'n sku voorvinger self oortuig.
Hy mompel: help my, iemand, om my oë
wat hom sien hang het, lewensgroot, te glo.
( uit: Versamelde gedigte, uitg.Querido)
